braveheart bio-dog academy

braveheart bio-dog training academy

 > Tuisblad

 > ENGLISH HOMEPAGE

 > Ons Missie

 > Honde Opleiding

 > Gespesialiseerde Honde

    Opleiding

 > Hanteerder Opleiding

 > Internationale

    Hanteerder Opleiding

 > Produkte & Dienste

 > Kontak Ons

 > Roetekaart

 > Nuusbrief
 > In Die Nuus

> Skenk 'n Hond

> Honde Te Koop

 

TRANSLATE PAGE

 

 

KLIK HIER

om op ons nuusbrief in te teken

 

 

Klik Op Die Hondjie Om Ons Te Kontak

 

dog training academy

 

dog obidience training academy

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

dog handler training academy

 

     Braveheart Bio-Hond Akademie   

Braveheart Bio-Hond Akademie is ‘n wetenskaplik gefundeerde honde-opleidingseenheid en hondehanteerder opleidingsentrum wat spesialiseer in die opleiding van plofstof en narkotika reukhonde, sowel as patrolleringshonde, persoonlike beskermingshonde en spoorhonde. Ons bied ook gepatenteerde kennels aan (kyk Products & Services).

Braveheart Bio-Hond Akademie (gestig in 1987) bied dienste aan ten opsigte van die opleiding asook verkoop van honde, insluitende die opleiding van honde vir persoonlike beskerming en die opleiding van honde en hanteerders vir gespesialiseerde aanwendings soos wat internasionaal deur staatsowerhede en die privaat sektor vereis word.

Braveheart Bio-Hond Akademie

  • Bedryf ‘n prosessionele opleidingsakademie vir honde en hanteerders (honde-opleidingskool – loopbaangeleenthede: Hoe om ‘n hondehanteerde te word).

  • Is ‘n geakkrediteerde diensverskaffer aan SASSETA ( Safety And Security Sector Education And Training Authority) asook vir PSIRA (Private Security Industry Regulatory Authority), met gekwalifiseerde, geregistreerde Assessors en Moderators.

  • Verskaf sertifikate van bevoegdheid aan beide hond en hanteerder.

  • Doen opleiding van honde en hanteerders ten opsigte van

    • Hondegehoorsaamheidsopleiding

    • Persoonlike Beskermingsopleiding

    • Waghond opleiding

    • Dienshond opleiding

    • Patrolleringshond opleiding

    • Spoordienshond opleiding

    • Substansie-opsporingshond opleiding (reukhonde)

      • Narkotika opsporingshond (dwelmhond) opleiding

      • Springstowwe opsporingshond bomhond) opleiding

  • Bied sosialiseringsopleiding van jong hondjies aan.

  • Integreer honde in families as metgeseldiere.

  • Huur honde en kennels uit.

  • Bied streng gekeurde honde te koop aan.

  • Verskaf ‘n kenneldiens aan kliënte se honde.

  • Verskaf dienshond toerusting.

  • Bied ‘n wetenskaplike hondegedrag konsultasiediens aan.

  • Verskaf internasionaal en plaaslik ‘n konsultasiediens aan regerings- sowel as privaat instansies.

 

Navorsing & Ontwikkeling


Braveheart Bio-Hond Akademie het sy eie navorsingseenheid wat plaaslik en internasionaal werk, onder leiding van eienaar John Greyvenstein. Hy hou die grade BSc (Dierkunde) (Hons) en MSc (Genetika)en het sy tesis oor werkhonde gedoen.

Die navorsingspan van Braveheart Bio-Hond Akademie het in 2005 ‘n belangrike deurbraak gemaak in die opspoor van narkotika en plostowwe deur middel van reukhonde. Hulle het nuwe opleidingshulpmiddels ontwikkel wat meer akkuraat en effektief is vir die suksesvolle opleiding van narkotika opsporingshonde en springstowwe opsporingshonde.

Die navorsingseenheid het ook ‘n unieke kennelsisteem suksesvol gepatenteer wat wetenskaplik onwikkel en getoets is om die gemak van die hond te verbeter asook die taak van sy oppasser te vergemaklik – en terselfdertyd ‘n substansiële besparing bewerkstellig.

dog training                                                              international dog training academy

 

John Greyvenstein en Dr Fanie van der Walt in die navorsingslaboratorium

 


KOPIEREG © - ALLE REGTE VOORBEHOU BRAVEHEART BIO-HOND AKADEMIE

web design by o5webdesign